Creamino®
Hierdie produk is ‘n gevorderde voedingsaanvulling wat reeds wêreldwyd groot indruk onder veeboere maak.
Griffon Poison Inligtingsentrum
24-Uur Nood- & adviserende diens: 082 446 8946
Laai etiket af (PDF)
Produk Portefeulje (PDF)
Data Blad (PDF)
Philagro Dierevoeding, ‘n afdeling van Philagro Suid-Afrika, staan gereed om Creamino te versprei. Hierdie produk is ‘n gevorderde voedingsaanvulling wat reeds wêreldwyd groot indruk onder veeboere maak.
Creamino is ontwikkel en word vervaardig deur AlzChem in Duitsland en is ‘n voeraanvulling wat vir varke en pluimvee geformuleer word. Dit word deur die dier se liggaam tot kreatien verwerk, wat bykomende energie vir gesonde groei voorsien. Dit laat boere toe om die totale voerinsette te verminder. Die gebruik van Creamino kan lei tot beduidende kostebesparings vir veeboere en tot ‘n algehele vermindering van die ekologiese voetspoor van voerproduksie en vervoer.
Die Duitse vervaardiger belê tans EU 50 miljoen in ‘n nuwe produksieaanleg vir dié aanvulling en beoog om sy kapasiteit teen middel-2019 te verdriedubbel om aan die toenemende internasionale vraag te voldoen.
Volgens Ulli Seibel, voorsitter van die AlzChem-groep, het AlzChem Creamino tussen 2005 en 2009 ontwikkel. Dit is in lyn met die maatskappy se strategie om op hoë gehalte spesialischemikalieë te fokus wat voordeel trek uit globale bevolkingsgroei.
“Creamino is ‘n volhoubare produk in die beste sin van die woord,” het hy bygevoeg. “Dit verminder die ekologiese voetspoor van veeboerdery, terwyl die voedselveiligheid vir ons groeiende wêreldbevolking ondersteun word.”
Divan Swart, Produkbestuurder by Philagro Dierevoeding, sê die maatskappy is daartoe verbind om op ‘n verantwoordelike en omgewingsvriendelike wyse by te dra tot die stabiele voorsiening van veilige en voedsame dierevoedingsprodukte. Die maatskappy sal vanaf Januarie 2019 die verspreiding van Creamino afskop deur sy verspreidingsnetwerk in Suid-Afrika en in verskeie ander suidelike Afrika-lande.
Creamino is guanidinoasynsuur (GAA) wat die direkte voorloper van kreatienproduksie in die dier se liggaam is. Deur met Creamino aan te vul, word die liggaam se eie kreatiensintese optimaal bereik, wat weer energie vir die liggaam spaar. Creamino is gekondenseerde energie wat lei tot energiebesparing vanaf ander voer bestanddele, oormatige spiergroei en beter voedselomskakeling. Creamino is ‘n innoverende voedingskonsep wat fokus op sellulêre gesondheid, wat lei tot kostebesparings en prestasieverbeterings.
“Hierdie eienskappe bied aansienlike voordele vir boere in Afrika,” verduidelik Swart. ” Vermindering van hoëkoste-voedingsbestanddele, hoër spiervleisopbrengs en lenige liggaamsmassa toename is faktore wat veeboere na aan die hart lê. Hierdie faktore, sowel as die ondersteuning van die dier se algemene gesondheid deur die bevordering van ‘n sterker immuunstelsel, sal uiteindelik tot ‘n laer sterftesyfer en verhoogde hitte-verdraagsaamheid kan lei.”
Die groeiende mark vir voeraanvullings word deur die toenemende wêreldbevolking gedryf. Volgens die Verenigde Nasies het was die bevolking van die aarde in 2015 nagenoeg 7,3 miljard. Die syfer sal na verwagting teen 2030 tot 8,5 miljard styg. Terselfdertyd sal beskbare landbougrond al hoe meer beperk word. Hierdie scenario dui op die toenemende belangrikheid van doeltreffende landbouprosesse en die voorsiening van voedselsekuriteit.
Griffon Poison Inligtingsentrum
24-Uur Nood- & adviserende diens: 082 446 8946
Mozart Rd, Risidale 2195, Johannesburg, Suid-Afrika
Tel: 082 446 8946
Divan Swart
Produkbestuurder: Dierevoeding en Spesiale projekte
divan.swart@philagro.co.za
084-826-5714