Sumimet® L
SUMIMET™ is ‘n sintetiese metionien wat deur Sumitomo vervaardig word.
Griffon Poison Inligtingsentrum
24-Uur Nood- & adviserende diens: 082 446 8946
SUMIMET™ is ‘n sintetiese metionien wat deur Sumitomo vervaardig word. SUMIMET-P™ staan beter bekend as DL-Metionien (poeier vorm); SUMIMET-L™ is die Metionien Hidroksie Analoog/ MHA (vloeibare vorm), wat dien as die voorganger van metionien en bied dieselfde voordele as enige metionien bron.
Metionien is een van die noodsaaklike/ essensiële aminosure en kan nie deur die dier se liggaam gesintitiseer word nie. Die rol van metionien is nie net diè van boustene van proteiene wat dan dierlike produkte vorm soos vleis, eiers en melk nie, maar dit dien ook as belangrike tussenganger in metaboliese kettings soos metielasie reaksies en antioksidant vervaardiging bv. glutatioon en tourien. ‘n Tekort aan metionien inname kan tot vertraagde groei, verswakte metabolisme en moontlik siektes lei. Daarom is dit belangrik dat die inhoud van veëvoere genoegsame metionien bevat. Metionien word egter nie altyd effektief in veëvoere nie omdat voer meestal uit plantmateriaal bestaan en daarom staan metionien ook as die eerste limiet aminosuur (mees belangrike van al die aminosure) bekend. Sintetiesie bronne verseker dus optimale insluiting en só word die dier se voedingsbenodigehede nagekom om groei en produksie te verbeter.
Daarmeesaam, verbeter metionien dus die boer en/of plaas se winsgewendheid en opbrengs en terselfdertyd verminder dit omgewingsimpakte as gevolg van onnodige/oneffektiewe ontlasting. Stikstof komponente in exkreta kan onaangename reuke, eutrofikasie, suur presipitasie en aardverhitting, deur middel van stikstofdioksied, tot gevolg hê. Hierdie effek is 300 keer groter as diè van koolsofdioksied. Sintetetiese metionien bronne kan help om hierdie probleme te bekamp deur gebalanseerde voedingstowwe in die voer te bied, asook oormatige stikstof uitskeiding in ekskreta te verminder.
Daarom dra SUMIMET™ by tot effektiewe en omgewingsvriendelike diereproduksie.
Griffon Poison Inligtingsentrum
24-Uur Nood- & adviserende diens
6 Mozart Rd, Risidale 2195, Johannesburg, Suid-Afrika
Tel: 082 446 8946
Divan Swart
Produkbestuurder: Dierevoeding en Spesiale projekte
divan.swart@philagro.co.za
084-826-5714